To the ACR Home Page  

 

  KAROO 80 Km - 28 September 2002

 

 

KAROO WEDLOOP

Jy ..... ja jy wat altyd wik en weeg,wonder en raai.......
Jy wat al baie gewonder het of jy 2 groot ultras binne 3 maande
van mekaar af kan doen.......jy kan,dit verseker ek jou,as ek kan
is daar geen rede waarom jy nie ook kan nie |||
Elke persoon wat oor die nodige dissipline en deursettingsvermoeë
beskik om die Comrades te voltooi kan 3 maande later ook die
Karoo 80 suksesvol voltooi.....die moeilkheid is vir die meeste
van ons waarskynlik motivering om vir 3 maande in die winter te
moet oefen.Die ouens wat dit vanjaar gedoen het is daardeur en
niemand is dood nie |||| Dit is regtig nie so erg nie ||||
Indien jy beplan om D.V. die 2003 Comrades te gaan doen en dit is
enigsins binne jou vermoeë,begin nou al die nodige verlofreëlings
trefom seker te maak jy kan aan die Karoo gaan deelneem.Ek gaan my
bes probeer om jou te oorreed om aan hierdie grootse geleentheid
deel te kan hê en is die volgende my eie opinie en ondervinding..
Die Karoo is seker die mooiste ulta-wedloop in ons land en na my
eerste Comrades seker die ongelooflikste hardloopondervinding wat
ek ooit gehad het in 13 jaar se hardloop en wedlope.
Nie omdat dit die publisitiet en opwinding van 'n Comrades het
nie,nie omdat dit TV.dekking het nie...
Nie omdat dit 'n paar 100 duisend toeskouers het nie...
Nie omdat dit 12 000 inskrywings het nie...
Nie omdat dit so 'n moeilike roete het nie...
Nie omdat dit internasionale deelnemers lok nie...
Nie omdat dit nie hoeveel elemente van 'n Comrades bevat nie,maar,
die rede hoekom ek graag wil hê dat jy aan die Karoo moet gaan
deelneem gaan ek tog vir jou gee en hoop ek die saadjie sal op
vrugbare grond val |||||||
Asseblief hierdie is slegs my persoonlike siening en opinie met
die nodige ondervinding en is dit jou volste reg on te verskil..
op voorwaarde jy gaan haal eers jou medalje in Laignsburg.......
Behalwe dat dit waarskynlik die mooiste ulta in ons land is,is
dit seker die bes georganiseerde wedloop waaraan ek al ooit
deelgeneem het.Dit het seker ook van die kleinste waterpunte en
die minste toeskouers en is vir baie mense seker op die lelikste
plek in ons land......
die moordenaarskaroo.....maar dit neem glad nie die grootsheid
van die wedloop weg nie.
Die asemrowende natuurskoon,die wye vlaktes en ooptes,die
veldblomme in die vroeë lente maak 'n mens net weer klein voor
ons Skepper en sy groot en wonderlike genade......
Vat natuurlik niks weg van 'n span toegewyde en lojale
organiseerders,waterpunthelpers en karoogasvryheid op sy beste nie.......
Ek daag jou uit..maak dit 'n doelwit en gaan bederf jouself in die
Karoo,ek twyfel of jy sal spyt wees..dit is voorwaar 'n voorreg
|||||
Baie geluk aan Niel,Piet en Fanie met julle skitterende wedlope..
Dankie ook aan Niel vir al die reelings wat jy getref het en so
vlot verloop het.
Ons helpers Hugo,Andrè en Elsie baie dankie vir julle
onbaatsugtige hulp en bederf...dit was 'n groot deel van ons
sukses |||||||

Hoop om D.V. weer in 2003 deel te kan wees van so 'n ongelooflike
ondervinding....en hoop ek om dan ook 'n klomp klublede daar te
sien |||||||
Skillie Hardloopgroete.

Phillip.

 

Long and winding road

The looooooong & winding road

Op 28 September 2002 om 6:00 vm, spring 'n handjie vol nimmereinders weg in Laingsburg om die lang pad van 80km deur die Karoo vlakte aan te durf. Dit is moeilik om te glo dit is al die 32ste Karoo as jy die klein aantal atlete so op 'n bondeltjie sien. Onder hulle is vier mense wat van onse kerk se mense is.... Neil de Bruyn, Piet Lötter, Phillip Snyman en Fanie van Loggerenberg. Om luidkeels te ondersteun is die uwe, Hugo Radley en André Cronjé.

Waterpunt op 40 Km

Waterpunt op 40 Km

Die weer is nou nie wat ek sou beskryf het as ideaal vir hardloop nie, die wind druk erg van voor vir die eerste 28km, almal stoei teen die bulte en die wind oppad na Matjiesfontein. Dit bly koud en daar is nie sprake van t-hemde uittrek nie, die manne klou aan die ekstra hittetjies wat dit verskaf. Neil en Piet skaar hulle by die voorste gedeelte van die veld, en Phillip en Fanie dek die agterhoede (letterlik hoor... letterlik....).

Toilet op 46 Km

Toilet op 46 Km

Soos die kilometers wegval, begin dit die staal van die hardlopers wys - dit begin warm word, die wind maak sulke lekker toldraaie en die waterpunte se water se grade is heelwat hoër as wat ons as atlete dit verkies op 'n wedloop!!! Die pad raak laaaaaank en eensaam, die manne raak yl gesaai so oor die kilometers.

eensaam en alleen

Eensaam en alleen

Neil begin bietjie swaar trek hier op half pad en wil nie meer die mooi Karoo vlakte om hom sien nie, maar dit is waarvoor 'buddies' daar is, en Piet trek hom deur sy moeilike 'patch'. Hugo praat ook een strook moed in deur die 4x4 Audi se venster, gee yswater aan en voer aartappeltjies!!! Die twee skuif in 'n prag tyd van net so onder 7 uur 30 by die eindstreep verby (onderskeidlik 23ste en 24ste).

Nog eensaam en alleen

Nog eensaam en alleen

Intussen trek Phillip en Fanie die agterste manne so een vir een in en skuif op in die range. Ek en André gooi nat, probeer geyste watersakkies so vinnig moontlik ontys (....ons het hulle te lank in die ys laat lê okay.....) en gee allerhande botteltjies met toorgoedjies aan. Phillip eindig baie, baie sterk (op die laaste 10km was dit moeilik om te glo die man het al 70km agter hom) in 'n uitstekende tyd van net onder die 9 ure (54ste). Fanie sukkel bietjie met krampe, maar die man byt vas en met 'n lekker stappie hier en daar warrel hy ook in 'n baie, baie goeie tyd van 9 ure 30 by die burgermeester van Laingsburg verby (69ste). In totaal voltooi 91 atlete die wedloop suksesvol die dag.

Nog steeds eensaam en alleen

Nog steeds eensaam en alleen

Kyk mense... ek het respek vir hierdie manne gekry. Dit is nou nie 'n bulletjie wat mens ligtelik aanpak nie en die aand by die prys uitdeling toe die baie gepaste liedjie speel van 'Stand up, stand up - for the champions, the champions', was ek die eerste om op die stoel te spring want wragtie, kragtie hulle is my CHAMPIONS!!!!

ELSIE BEZUIDENHOUT

 

 

 

  KAROO 80 Km - 28 September 2002

 

 ABOUT ACR  =  History  |  Achievements (incl. Annual Awards)  |  Club Clothing  |  Club Management (incl. AGM)
 CONTACT ACR  =  Tel. & Fax  |  Committee Contact Info.  |  Clubhouse Location
 JOIN ACR  =  Annual Membership Fees  |  Club Clothing  |  Application for Membership
 WALLY =  About the Wally Hayward Marathon  |  Members' Race Duties  |  Wally Website
 INFO.  =  Related Sites  |  Training Tips  |  Nutrition
 ACR NEWS  =  Newsletters  |  Social Activities  |  Birthdays
 EVENTS  =  Program | Races - AGN League Races - League Points Times |  Results  |  Time Trials  |  Training Runs

 

 

This page was generously sponsored by ...

(your AD could be here).

Please support our sponsors!

Please tell them you saw this ad.

 

 

Advertise on the ACR & Wally Hayward Marathon Web sites for what it's worth to you!

 

 

AiNet Internet Marketing logo